Man Ray

Man Ray
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Man Ray, gefotografeer by die Gaite-Montparnasse-tentoonstelling in Parys, deur Carl Van Vechten op 16 Junie 1934.

Geboortenaam Emmanuel Rudnitzky of Emmanuel Radnitzky
Geboorte 27 Augustus 1890
Philadelphia, Pennsilvanië
Sterfte 18 November 1976
Parys, Frankryk
Nasionaliteit Verenigde State
Beroep(e) fotograaf, skilder, rolprentvervaardiger
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Man Ray (27 Augustus 189018 November 1976) was 'n Amerikaanse fotograaf, skilder en rolprentvervaardiger. Ray was 'n voorste Dadaïstiese fotograaf en surrealistiese skilder, het opsienbarende, vernuwende en soms kontroversiële kunswerke dwarsdeur sy lang artistieke loopbaan geskep. Hy het met enige denkbare artistieke medium geëksperimenteer, insluitend fotografie, beeldhoukuns, "reeds-klaar-stukke" ("ready-mades") en rolprente.

Hy het baanbrekerswerk gedoen ten opsigte van die artistieke gebruik van "rayographs", beelde van plat of drie-dimensionele voorwerpe wat op ligsensitiewe papier geplaas word en dan aan lig blootgestel word. Hy het verskeie "reeds-klaar-stukke" geskep, 'n Dadaïstiese kunsvorm wat eerste deur Marcel Duchamp bekend gestel is, 'n tydgenoot en vriend van Ray. Alledaagse voorwerpe is uitgekies en as kuns vertoon.

Ray se beroemdste "reeds-klaar-werk" is Cadeau (Die Geskenk) , 'n strykyster waaraan hy 'n string spykers wat vreesaanjaend lyk geheg het om dit nutteloos vir sy normale funksie, om glad te stryk of te druk, maak. Hierdie werk het 'n simbool geword van die Dadaïstiese praktyk om alledaagse voorwerpe aan te pas om paradokse te skep wat mens tot nadenke stem. Ray se bekendste films sluit die volgende in: Le Retour à la raison (Terugkeer na rede - 1923), L'Étoile de mer (Die Ster van die See - 1928), 'n film gebaseer op 'n gedig van Robert Desnos en Anemic Cinéma (1926) met Marcel Duchamp en Marc Allégret. Sy bekendste skilderye is A l'heure de l'observatoire, les amoureux (Observatorium Tyd, Die Minnaars - 1934) en die Shakespearean Equations-reeks van 1948.

Man Ray het die voorste mode-ontwerper en portretfotograaf tydens die twintiger- en dertigerjare in Parys geword. Hy het foto's van bekende figure soos Gertrude Stein, Georges Braque, James Joyce, Peggy Guggenheim en Jean Cocteau geneem. In 1950 het hy foto's van die filmlegende, Ava Gardner, geneem.

Selfs sy portrette was innoverend - in 1924 publiseer die tydskrif Littérature 'n foto van 'n naakte vrou se rug met 'n viool se opening dwarsoor gedruk om die ooreenkoms tussen die vroulike vorm en 'n viool aan te dui. Die foto word Le Violon d' Ingres genoem. In die somer van 1930 projekteer hy beelde van 'n handgekleurde film op die gaste se wit klere tydens 'n sosiale bal.

Man Ray het 'n hele geslag kunstenaars beïnvloed. In 1974 dra Andy Warhol 'n reeks skilderye en seriograwe aan hom op. Sy beeld van die metronoom (Objet à détruire? Objet indestructible?) word deur die Sosiaal-demokratiese Party van Hamburg tydens hulle 1974 verkiesingsveldtog gebruik "as 'n embleem van waaksaamheid en oordeelkundigheid".


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy